sr1102koshoof_2_
Resepte

Fougasse-brood

2 groot brode

• 1 x 10 g-sakkie kitsgis
• 45 ml suiker
• 10 g sout
• 330 ml louwarm water
• 500 g (875 ml) koekmeel
• 30 ml olyfolie

Verhit oond tot 200 ˚C. Meng gis, suiker, sout en water in ‘n middelslagmengbak. Voeg meel by en meng met houtlepel tot stywe, kniebare deeg. Strooi meel op werkvlak en gooi deeg uit op meel. Gebruik jou hande en knie deeg vir 8 – 10 minute of tot elasties. Smeer mengbak met olie en plaas deeg terug in bak. Draai toe met kleefplastiek en laat rys op warm plek tot dubbel die volume, sowat 30 minute. Keer deeg weer uit op meelbestrooide oppervlak en druk effens plat met jou vingerpunte tot sowat 2 cm dik. Sny in 2 helftes en sit op bakplate wat gespuit is met kleefwerende sproei. Sny met ‘n mes so 4 tot 5 snitte van sowat 5 cm in elke brood. Sprinkel olyfolie oor. Bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor.