Donna Lewis

Resepte

Framboos-en-vanieljekonfyt

Vergeet van konfytkook vir ure, dié konfyt maak jy sommer binne
minute.
genoeg vir 350 ml

  • 500 g vars frambose
  • 335 g (420 ml) suiker
  • 1 vanieljepeul, saadjies uitgekrap

Plaas al die bestanddele in ’n groot mikrogolfbestande bak. Stel die oond
op Hoog en verhit vir 8 minute. Roer deur en verhit vir nog 8 minute. Skep
’n bietjie op ’n koue bord en laat afkoel. As dit die regte dikte na jou
sin is, skep warm konfyt in flesse en maak dadelik toe terwyl nog warm.
Of verhit dit langer tot die dikte wat jy verkies en skep dan in flesse.