sr1104kos_30_min_4_
Resepte

Frittata met bokmelkkaas, hoender en botterskorsie

(4 – 6 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 45 ml botter
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 4 hoenderborsies, in stukke gesny
  • 8 eiers
  • 100 ml melk
  • 200 g bokmelkkaas, growwe stukke gebeek
  • 500 g botterskorsie, gekook tot net gaar
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 ˚C. Verhit olyfolie en botter tot warm in middelslag-pan. Voeg knoffel en hoender by en braai vir 8 – 10 minute of tot goudbruin en gaar. Skep uit en hou eenkant. Meng eiers en melk en gooi mengsel in warm pan. Voeg hoender, kaas en botterskorsie by,maar moenie roer nie. Geur goed met sout en peper. Braai vir 5 minute stadig oor lae hitte. Oondbak verder tot gaar, sowat 8 – 12 minute. Maak versigtig los met ‘n eierspaan en keer uit. Sit warm voor met slaai van jou keuse.

wenk
Gebruik ‘n kleefvrye pan. Of spuit ‘n gewone pan deeglik met kleefwerende kossproei.