sr1107hoofkos_3_
Resepte

Fudge-poeding

(6 – 8 porsies)

  • 60 ml botter
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 4 eiers
  • 140 g (250 ml) bruismeel
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 3 x 85 g-blokkies fudge
  • 125 ml room

Verhit oond tot 180 °C. Klits botter en suiker saam tot lig en romerig.Voeg eiers een vir een by en meng goed. Voeg meel en vanieljegeursel by en meng tot gladde beslag. Krummel 2 x 85 gpakkies fudge in die beslag en gooi in ’n ronde tertpan van 25 cm. Bak vir 20 – 25 minute of tot toetspen skoon uitkom. Plaas res van fudge en room in ’n middelslagpot en bring tot kookpunt. Roer tot gladde mengsel. Sit warm
poeding voor met fudge-sous en tuisgemaakte vla.

  • D Lambert

    Ai toggies alles lyk so lekker maar ek mag dit nie eet nie agv Diabetes