sr1103kos_4_
Resepte

Garnaal-en-appelslaai met aïoli

(6 porsies)

  • 45 ml botter
  • 20 ml olyfolie
  • 300 g steurgarnale, skoongemaak
  • 150 g slaaiblare van jou keuse
  • 3 groenappels, in dun skywe gesny
  • 2 avokado’s, in blokkies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 x aïoli-resep

Verhit botter en olyfolie tot warm in ‘n middelslag-braaipan. Voeg garnale by en braai tot goudbruin en gaar, sowat 5 minute. Plaas slaaiblare in opdienbak. Gooi appelskywe, avokado en garnale oor. Geur met sout en swartpeper. Sit voor met aïoli.