sr1301_kos_5_
Resepte

Garnaal-en forelterrien

(genoeg vir 10)

  • 380 g vars forel, vel verwyder en in blokkies gesny
  • 20 garnaalsterte, skoongemaak
  • 2 eiers
  • 190 ml room
  • 15 ml vars dille, gekap
  • ½ ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 15 ml korrelmosterd
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk op hoë spoed tot gladde mengsel. Geur goed met sout en swartpeper.Voer ’n 15 x 10 cmbroodpan met kleefplastiek uit. Skep mengsel in pan en bedek met foelie. Plaas pan in oondbak en vul bak met warmwater. Bak vir 40 minute.Haal uit oond en los in waterbad om af te koel. Plaas vir 6 – 8 uur of oornag in yskas. Sit voor met slaai van jou keuse en agurkies.