sk1003groente02
Resepte

Gebakte aartappeltjies met knoffel en roosmaryn.

(4 porsies)

  • 1 kg baba-aartappels
  • 1 heel knoffelbol, gebreek
  • 30 ml korrelmosterd
  • 125 ml olyfolie
  • 20 ml growwe sout
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 6 vars roosmaryntakkies

Verhit oond tot 180 °C. Sny ‘n paar kepe in elke aartappeltjie. Plaas aartappels en knoffel in oondroosterbak. Meng mosterd en olyfolie en gooi oor aartappels. Besprinkel met growwe sout en swartpeper. Voeg roosmaryn by en oondrooster vir sowat 50 – 60 minute totdat aartappels sag is.

Sit voor saam met: Lamsboud, braaivleis of oondgeroosterde hoender

  • nlicloke

    s5CLAe jhcxsxmpxktp, [url=http://cyevxjigmmts.com/]cyevxjigmmts[/url], [link=http://oqyaizfhvhci.com/]oqyaizfhvhci[/link], http://soxkgjoidcpw.com/