Resepte

Gebakte appelpoeding

(8 porsies)

  • 2 x 385 g geblikte appels
  • 160 g bruinsuiker

Beslag

  • 240 g meel
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 100 g suiker
  • 125 g botter
  • 1 eier
  • 160 ml melk
  • 5 ml kaneel
  • 25 ml suiker

Verhit oond tot 200 °C. Plaas geblikte appels in ’n oondbak van sowat 23 cm in deursnee. Strooi bruinsuiker oor die appels. Sif droë bestanddele (meel, bakpoeier en sout) saam. Vryf botter in die mengsel tot dit soos broodkrummels lyk. Gooi suiker by en meng goed. Klits eier en melk saam en voeg stadig by die meelmengsel tot dit ’n gladde beslag vorm. Skep beslag oor appels in die bak. Meng kaneel en suiker saam en gooi oor beslag. Plaas in ’n warm oond en bak vir 20-25 minute. Sit warm voor met vla of room.