Resepte

Gebakte camembert met olywe

(sowat 6 porsies)

  • 1 groot camembertkaas
  • sowat 12 ontpitte groen olywe
  • 3 knoffelhuisies
  • 5 klein vars roosmaryntakkies
  • olyfolie

Druk die knoffel, olywe en vars roosmaryntakkies in die kaas. Plaas die kaas op ’n bakplaat en sprinkel ’n klein bietjie olyfolie oor. Geur met varsgemaalde swartpeper en bak in ’n warm oond teen 180 °C vir 5 minute. Sit voor saam met ’n brood van jou keuse.