q0i0274
Resepte

Gebakte lam met baba-aartappels, feta en suurlemoen

(4 – 6 porsies)

  • 6 lamstjops
  • 1 takkie roosmaryn, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
  • 500 g baba-aartappels, skil en al gekook tot sag
  • 2 fetakaas-wiele
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml olyfolie

Verhit oond tot 200 ˚C. Pak tjops in ‘n oondvaste bak. Sprinkel roosmaryn, knoffel, suurlemoensap en -skil oor. Pak aartappels bo-op. Krummel feta oor alles en geur goed met sout en swartpeper. Sprinkel olyfolie oor. Bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor.

  • Carlien Ferreira

    Die Lam met feta en suurlemoen dis was absoluut heerlik!! So maklik en eenvoudig, dit kan eenvoudig nie flop nie. Baie Dankie!!