Resepte

Gebakte mielies met aartappels en chorizo

(4 porsies)

  • 8 aartappels
  • 4 chorizo-worse
  • 4 mielies
  • 8 salotte of klein uitjies
  • 6 heel knoffelhuisies
  • 125 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180 °C. Sny kepies in aartappels en chorizo-worse. Sny elke mielie in drie. Plaas al die groente, knoffel en wors in ’n groot oondbak. Gooi olyfolie oor en geur met sout en swartpeper. Rooster vir 45 – 60 minute tot aartappels en mielies sag is. Draai mielies ná so 30 minute om en gooi indien nodig nog ’n klein bietjie olyfolie oor.

Om te drink
Welmoed Chardonnay