Resepte

Gebakte roosmaryn-aartappels

  • 2 kg baba-aartappels, in skil
  • sowat 300 ml olyfolie
  • 30 ml growwe sout
  • 3-4 roosmaryntakke
  • 3 eetlepels korrelmosterd
  • 6-8 huisies knoffel
  • vars gemaalde swartpeper

Maak 3 tot 4 snye in elke aartappel. Plaas die aartappels in ’n groot oondbak. Klits die mosterd en olyfolie saam. Gooi die sous oor die aartappels. Sit die knoffel en roosmaryn in die bak en geur met sout en swartpeper. Bak vir 45 minute tot 1 uur in ’n oond teen 180 °C.
Sit warm voor.