Resepte

Gebakte vinkel en sampioene

6 porsies

  1. 3 vinkelbolle
  2. 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  3. 3 eetlepels botter
  4. 250 g portabellini-sampioene (gebruik wit knopiesampioene as jy sukkel om dit in die hande te kry)
  5. 250 ml room
  6. sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • Voorverhit jou oond tot 200 °C.
  • Sny die vinkelbolle in skywe.
  • Sny elke sampioen in die helfte.
  • Plaas die vinkel en sampioene in ’n oondbak.
  • Stip die botter oor en gooi die room oor.
  • Geur met sout en swartpeper en bak vir 1 uur.
  • Sny van die fyn blaartjies oor vir ekstra geur en om mooi te lyk.