Resepte

Gebakte vis met aspersies

(6 porsies)

  • 1 (600 g) heel vis, skoongemaak (vis op foto is salmforel)
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 2 suurlemoene, in skywe gesny
  • 30 g origanum
  • 30 g vars koljander
  • 30 g vars basiliekruid
  • 60 ml olyfolie
  • 2 lemmetjies, gehalveer
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 g aspersies
  • 100 g botter, gesmelt
  • 60 g bronkors (watercress)

Verhit oond tot 180 ˚C. Sit vis op ‘n bakplaat. Maak 3 snye van sowat 5 mm diep in vel. Druk knoffel in snye in. Vul buik van vis met suurlemoenskywe, origanum, koljander en basiliekruid. Sprinkel olyfolie oor vis en druk lemmetjiesap oor. Geur met sout en swartpeper. Plaas aspersies op dieselfde bakplaat en gooi botter oor. Geur met sout en swartpeper. Bak in oond vir 20 – 25 minute of tot vis kan vlok as dit met ‘n vurk gedruk word. Sit warm voor met vars bronkors.