Resepte

Gebakte vrugte met jogurt en muesli

(4 porsies)

  • 5 ryp pruime
  • 5 witvleis-perskes
  • sowat 100 ml esdoringstroop
  • 2 eetlepels botter
  • sit voor met Griekse jogurt en muesli van jou keuse

Halveer die vrugte en verwyder die pitte. Plaas die vrugte in ’n oondbak, gooi die esdoringstroop oor en stip met botter. Bak vir 20-30 minute in ’n voorafverhitte oond teen 200 °C. Sit nou jou roosterelement vir sowat 3 minute aan. Hou dop dat die vrugte nie brand nie. Sit voor met muesli en jogurt. Jy kan nog stroop bo-oor gooi.