Resepte

Geblikte Salm-Nicoise Bruschetta

Hoe maak jy ‘n bruschetta?

  1. Sny brood in snye van ongeveer 2 cm dik.
  2. Maak ’n riffelpan baie warm op ’n plaat en sit een sny brood in die pan en druk dit effens plat met ’n eierspaan.
  3. Draai om en rooster aan die ander kant.
  4. Lig uit die pan, en moenie bekommerd wees as die rante effens gebrand is nie.
  5. Sny ’n knoffelhuisie in die helfte en vryf oor die sny brood.
  6. Gooi heelwat olyfolie oor.


Geblikte salm-nicoise bruschetta

Jy kan ’n lekker groot bak van dié slaai maak om bo-op die bruschetta te sit. Jy benodig 100g vars groenbone, kook dit vir 4 minute in kookwater sodat dit nog bros is. Haal uit en gooi sowat 50ml olyfolie oor en 2 knoffelhuisies fyngedruk. Kook 8 klein aartappels tot gaar, skil af en sny in skywe. Sny sowat 10 kersietamaties in kwarte. Gooi alles saam in ’n bak met 2 blikke salm, en geur met sout. Sit bo-op bruschetta en garneer met swart olywe.