sr1112kos_7_
Resepte

Gebraaide aspersies met ment en feta

(6 porsies)

  • 600 g aspersies
  • 45 ml olyfolie
  • 45 ml botter
  • 4 knoffelhuises, fyngekap
  • hand vol kruisement, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 3 sirkels feta-kaas

Bring pot met water tot kookpunt en dompel aspersies in water. Los in kookwater vir 1 minuut. Dreineer.
Verhit olyfolie en botter tot warm in middelslag-pan. Voeg knoffel by en roerbraai vir 30 sekondes. Voeg
aspersies en kruisement by en braai vir nog 1 minuut. Verwyder van hitte en geur goed met sout en swartpeper. Skep in opdienbak en krummel feta oor. Sit voor.