Resepte

Gebraaide calamari-steaks

(2 porsies)

  • 200 g calamari-steaks
  • 1 rooi brandrissie, in skyfies gesny
  • 15 ml olyfolie
  • 15 ml botter
  • sap van 1 suurlemoen
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • vars bronkors en vars babaspinasieblare om daarmee saam voor te sit

As die calamari-steaks te dik is na jou sin, kan jy dit met ’n vleishamer platter kap. Sny nou baie versigtig dwars snytjies met ’n skerp mes bo-op elke steak – nie dwarsdeur nie. Verhit die olyfolie en botter in ’n pan. Braai die brandrissie vir sowat 30 sekondes daarin en dan die steaks vir sowat 2 minute weerskante. Geur met sout, vars gemaalde swartpeper en suurlemoensap. Sit warm voor saam met die bronkors en babaspinasieblare.

Wenk
As jy nie calamari-steaks kan kry nie, kan jy calamari-buise gebruik.