Resepte

Gebraaide eiervrug en songedroogde tamaties bruschetta

Hoe maak jy ‘n bruschetta?

  1. Sny brood in snye van ongeveer 2 cm dik.
  2. Maak ’n riffelpan baie warm op ’n plaat en sit een sny brood in die pan en druk dit effens plat met ’n eierspaan.
  3. Draai om en rooster aan die ander kant.
  4. Lig uit die pan, en moenie bekommerd wees as die rante effens gebrand is nie.
  5. Sny ’n knoffelhuisie in die helfte en vryf oor die sny brood.
  6. Gooi heelwat olyfolie oor.


Gebraaide eiervrug en songedroogde tamaties bruschetta

Dié een het so ’n bietjie Griekse invloed. Sny 2 eiervrugte in dun skywe, gooi olyfolie oor en braai in ’n baie warm pan tot gaar en sag. Haal uit en sit op kombuispapier. Plaas dit dan op ’n bord en gooi nog olyfolie oor en geur met sout. Sit dit dan op die brood saam met songedroogde tamaties. Koop lekker tsatsiki en skep ’n eetlepel bo-op. Garneer met Italiaanse pietersielie en swartpeper.