Resepte

Gebraaide eiervrug met joghurt

6 porsies

  1. 3 groot eiervrugte in lang skywe gesny
  2. sowat 300 ml olyfolie
  3. 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  4. hand vol vars basiliekruid
  5. 250 ml Bulgaarse of Griekse jogurt
  6. sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • Verhit sowat 100 ml olyfolie in ’n pan.
  • Onthou, eiervrug is soos ’n spons – olie moet die pan goed bedek.
  • Braai die eiervrug (nie al die skywe gelyk nie) saam met die knoffel vir sowat 5 minute aan weerskante tot mooi bruin.
  • Voeg nog olyfolie by as al die olie deur die eiervrug geabsorbeer is.
  • Geur met sout en swartpeper.
  • Dreineer op kombuispapier en laat in die yskas afkoel.
  • Rangskik die eiervrug op ’n bord, breek vars basiliekruid oor en rond af met ’n eetlepel jogurt.