Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

Resepte

Gebraaide lamstjops met driebone-slaai

Genoeg vir 6

30 minute

  • 60 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 8 lamstjops
  • sout en varsgemaalde swartpeper

vir slaai

  • 45 ml olyfolie
  • 1 brandrissie, gekap
  • hand vol vars koljander, fyngekap
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 140 g groenbone, in dun repies gesny
  • 140 g mangetout, in dun repies gesny
  • 400 g-blik witbone, gedreineer

Meng olyfolie, knoffel, sap en skil van suurlemoene. Gooi bo-oor lamstjops en laat marineer vir 5 minute terwyl jy die slaai maak. Vir slaai; Meng olyfolie, brandrissie, koljander, sap en skil van suurlemoene saam. Plaas groenbone, mangetout en witbone in bak. Gooi marinade oor en meng goed. Braai tjops; Verhit ‘n riffelpan tot vuurwarm en braai lamstjops vir sowat 3 – 5 minute per kant of langer soos jy verkies. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm tjops voor met boneslaai.