skm1005.30min.mielies
Resepte

Gebraaide mielies met kruiebotter en slaai

genoeg vir 4

• 4 mielies
• 30ml olyfolie
• 60ml botter
• 15ml vars origanum en tiemie, gekap
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 1 hand vol slaaiblare van jou keuse

Slaaisous
• 80ml olyfolie
• 30ml witwyn-asyn
• 5ml mosterd
• 1 knoffelhuisie, gekap

Bring ‘n groot pot water tot kookpunt en kook die mielies vir 10 minute of tot net sag. Verhit ‘n riffelpan tot baie warm – die rook moet daaruit trek. Verf mielies met olie en braai in die warm pan totdat hulle begin verkleur. Meng botter, origanum en tiemie en smeer die kruiebotter oor gaar mielies. Geur met sout en swartpeper. Meng al die bestanddele van die slaaisous en gooi oor die slaaiblare. Geniet mielies met slaai.

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG