sr1012bosveldkos_7_
Resepte

Gebraaide-perskes-en-ham-slaai

(6 porsies)

  • 6 perskes, gehalveer
  • 45 ml botter, gesmelt
  • 45 ml bruinsuiker
  • 140 g slaaiblare van jou keuse
  • 140 g parmaham-repies (jy kan ook brosgebraaide spek gebruik)
  • 4 wiele feta
  • hand vol pampoensade
  • 80 ml olyfolie
  • hand vol gekapte kruie van jou keuse
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Smeer perskehalwes met gesmelte botter en doop in bruinsuiker. Plaas op rooster oor warm kole en braai stadig tot suiker gesmelt en perskes goudbruin is. Sit slaaiblare in mooi opdienbak en plaas gebraaide perskes tussenin. Rol parmaham op in spiraalvorms en sit op blare. Krummel feta en pampoensade oor. Meng olyfolie, kruie, sap en skil van suurlemoene en sprinkel oor slaai. Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor.

Wenk: Jy kan die perskes ook in ‘n warm riffelpan braai met ‘n bietjie olie.