skm1005.30min.wrap_extend
Resepte

Gebraaide rib-steak op tortillas

(2 porsies)

  • 400g rib-steak (ribeye)
  • 30ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 tortillas
  • 1 bakkie (120g) hummus
  • 2 tamaties, in skywe gesny
  • 1 hand vol roketblare
  • 45ml dijon-mosterd

Verhit ‘n riffelpan tot rokend warm. Smeer die vleis met olyfolie en geur met sout en swartpeper. Braai in die warm pan – sowat 5 minute per kant vir medium-rou, of langer, soos jy verkies. Laat die vleis vir 5 minute rus en sny in skywe. Rooster solank die tortillas in ‘n warm pan totdat hulle verkleur. Smeer hummus op tortillas en sit tamatie bo-op. Verdeel roket tussen tortillas, gevolg deur stukke steak. Smeer mosterd oor vleis en vou tortilla toe. Sit warm of koud voor.