Resepte

Gebraaide sardientjies

(6 porsies)

  • 12 sardientjies
  • sowat 50 ml olyfolie
  • 100 ml growwe sout

Plaas die sardientjies op ’n bakplaat. Sprinkel die olyfolie oor en dan die growwe sout. Jou kole kan lekker warm wees vir sardientjies, want jy braai dit net sowat 3 minute aan weerskante.


Sit voor saam met

Gemarineerde swart olywe en fetakaas, gemarineerde soetrissies en dolmades. Dolmades is gevulde wingerdblare. Lekker Grieks. Koop by enige supermark of deli.


Om te drink

Lekker koue witwyn soos Graça of Kleine Zalze Sauvignon Blanc