sr0904paasfees08
Resepte

Geelrys met rosyntjies

Jy benodig

  • 500 ml witrys
  • 3 ml borrie
  • 125 ml rosyntjies
  • 2 ml sout

Plaas al die bestanddele in ’n kastrol. Gooi water oor – sorg dat dit so 1 cm bo die rys lê. Roer goed sodat die borrie lekker met die water meng. Bring tot kookpunt en prut stadig tot
die rys gaar is. As daar nog water in die kastrol is, dreineer die rys deur ’n sif. Plaas die sif oor ’n kastrol met ’n klein bietjie kookwater en laat die rys vir so 5 minute stoom.