Resepte

Geglasuurde preie

  • 120 ml olyfolie
  • 60 ml witwyn
  • 30 ml tamatie-puree
  • 5 ml suiker
  • 1 lourierblaar
  • 2 takkies vars tiemie
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • vars gemaalde swartpeper na smaak
  • 500 ml water 
  • 16 preie
  • sap van halwe suurlemoen
  • gekapte pietersielie vir garnering

Plaas al die bestanddele in ’n kastrol, behalwe die preie, suurlemoensap en pietersielie. Bring die mengsel tot kookpunt en laat kook vir 5 minute. Voeg die preie by en laat kook vir 20 – 30 minute tot die preie sag is. Haal die preie uit. Voeg die suurlemoensap by die vloeistof en laat afkook tot ’n effense stroop. Sprinkel die pietersielie oor. Sit koud voor.