skm1005.30min.ribs
Resepte

Gekaramelliseerde varkribbetjie met soetpatats

(1 porsie)

  • 30ml botter, gesmelt
  • 30ml heuning
  • 10ml fyn kaneel
  • 15ml gekapte tiemie
  • 4 patats, gehalveer
  • 6 varkribbetjies
  • sout en swartpeper

Marinade

  • 200ml soet sojasous
  • 30ml witwyn-asyn
  • 80ml olyfolie
  • 1 groen brandrissie, fyngekap
  • 15ml gemmer, gerasper
  • 1 knoffelhuisie, gekap

Verhit oond tot 220ºC. Meng botter, heuning, kaneel en tiemie. Sit patats in ‘n oondvaste bak en gooi bottermengsel oor. Bak in oond vir 20 minute of tot sag. Meng die marinade-bestanddele.
Geur varkribbetjies met sout en peper en doop in die marinade. Verhit ‘n pan en braai ribbetjies tot goudbruin en gaar – sowat 10 minute. Geniet ribbetjies en patats saam met ‘n yskoue bier.