sr1203_hoofkos_3_
Resepte

Gemarineerde baba-calamari

(8 – 10 porsies)

  • 100 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 brandrissie
  • 500 g bevrore of vars baba-calamari (tentakels en buise), skoongemaak
  • 5 ml gerookte paprika
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • hand vol italiaanse pietersielie, fyngekap

Verhit 45 ml van die olyfolie in ’n pan. Voeg knoffel, brandrissie en calamari by en braai 5 – 8 minute of tot goudbruin. Voeg paprika by en braai nog 1 minuut. Gooi suurlemoensap oor en verwyder van hitte. Geur goed met sout en swartpeper. Meng pietersielie en suurlemoenskil met res van olyfolie en gooi oor gaar calamari. Meng goed. Sit in yskas en laat marineer vir 3 – 4 uur of oornag. Sit voor.