Resepte

Gemarineerde olywe

  • 20 ml balsemasyn
  • 5 ml korrelmosterd
  • 1 suurlemoen, sap en skil
  • 1 knoffelhuisie, grofgekap
  • 3 tiemietakkies
  • 15 ml bruinsuiker
  • 150 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 400 g groen en swart olywe, gedreineer

Plaas bestanddele, behalwe olywe, in ’n mengbak. Meng goed met ’n klitser en geur na smaak met sout en swartpeper. Voeg olywe by en marineer vir sowat 2 – 3 uur.