Resepte

Gemarineerde olywe met feta

(8 – 10 porsies)

  • 350 ml olyfolie van goeie gehalte
  • hand vol vars tiemie
  • 4 knoffelhuisies, grofgekap
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 500 g swart en groen olywe
  • 6 wiele feta, in blokkies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Meng olyfolie, tiemie, knoffel, sap en skil van suurlemoen saam. Voeg olywe en feta by. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas in lugdigte houer en laat marineer in jou yskas vir 4 – 6 uur of oornag.