Resepte

Gemelli met roket en Pecorinokaas

Kook 500 g pasta (vir 6 mense) volgens aanwysings op pak. Sny een pak roket op (nie fyn nie, net effens) en meng met 100 ml olyfolie en jy het ’n dis wat jou sal verbaas. Wanneer pasta gaar is, meng die roket daarmee. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Skywe Pecorinokaas bo-op rond die gereg af. Met so min bestanddele, kan iets so lekker smaak?


Om te drink

Sauvignon Blanc vul die delikate geure van die roket en kaas aan. Neil Ellis, as jy lus is om groot te gaan. Andersins sal Simonsvlei of Two Oceans die ding doen. Of wat’s fout met Graça, daardie lewenslustige versnit?