Resepte

Gemmer-en-sesammange tout

8 porsies

  • 10 ml sesam- of druiwepitolie (of gebruik kanola-olie)
  • 500 g mange tout
  • 5 ml gemaalde gemmer
  • 5 ml swart sesamsade (opsioneel)
  • sout en peper

Verhit die olie in ’n groot braaipan. Soteer die mange tout met die gemmer, ongeveer 3 – 4 minute. Roer gedurig. Verwyder van die hitte en sprinkel sesamsade, sout en peper oor. Sit dadelik voor.