Resepte

Gepekelde sampioene

  • 10 ml olyfolie
  • 500 g wit sampioene
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 suurlemoen, sap en skil
  • 15 ml bruinsuiker
  • 100 ml witwyn-asyn
  • 2 tiemietakkies
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit olyfolie in ’n pan. Braai sampioene en knoffel tot goudbruin en gaar. Verwyder sampioene. Sit res van bestanddele in dieselfde pan en laat stadig prut vir 5 minute. Gooi warm pekelsous oor gaar sampioene en geur goed met sout en swartpeper. Plaas in yskas en laat marineer vir 2 uur.