Resepte

Gerookte salm, avokado en crème fraiche bruschetta

Hoe maak jy ‘n bruschetta?

  1. Sny brood in snye van ongeveer 2 cm dik.
  2. Maak ’n riffelpan baie warm op ’n plaat en sit een sny brood in die pan en druk dit effens plat met ’n eierspaan.
  3. Draai om en rooster aan die ander kant.
  4. Lig uit die pan, en moenie bekommerd wees as die rante effens gebrand is nie.
  5. Sny ’n knoffelhuisie in die helfte en vryf oor die sny brood.
  6. Gooi heelwat olyfolie oor.

 

Gerookte salm, avokado en crème fraiche bruschetta
Dit is natuurlik ’n ou klassieke kombinasie wat altyd lekker bly. Vir 6 broodjies koop sowat 200g gerookte salm. Sny 1 avokadopeer in skywe. Sit die salm op en 1 sny avokado op die broodjie. Rond af met ’n eetlepel crème fraiche (jy kan dit deur roomkaas vervang). Suurlemoen of lemmetjie en swartpeper kan gebruik word om ekstra geur te gee. Garneer met ’n dille-takkie.