Resepte

Geroosterde-botterskorsie-en-beetslaai

(6 porsies)

  • 2 botterskorsies, geskil en pitte uitgehaal en in skywe gesny
  • 10 baba-bete, geskil
  • 80ml heuning
  • 140 ml olyfolie
  • 30ml tiemie, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45ml korrelmosterd
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 200 g slaaiblare van jou keuse
  • 6wiele feta
  • 50 g pampoensaad

Verhit oond tot 200 °C. Sit beet en botterskorsie in twee verskillende oondpanne.Meng heuning, 80ml olyfolie en tiemie en gooi oor groente. Geur goed met sout en swartpeper. Maak panne toe met foelie en bak vir 20 – 25minute of tot sag en gaar. Die botterskorsie sal vinniger gaar word as die beet. Laat afkoel.Meng 60 ml olyfolie,mosterd, sap en skil van suurlemoen vir slaaisous. Sit slaaiblare in opdienbord. Rangskik afgekoelde botterskorsie en beet tussen blare. Krummel feta en pampoensaad oor. Gooi slaaisous oor en sit voor.

Wenk: Maak botterskorsie en beet die dag voor Kersfees en hou in die yskas.