Resepte

Geroosterde soetpepers en mozzarella-kaas bruschetta

Hoe maak jy ‘n bruschetta?

  1. Sny brood in snye van ongeveer 2 cm dik.
  2. Maak ’n riffelpan baie warm op ’n plaat en sit een sny brood in die pan en druk dit effens plat met ’n eierspaan.
  3. Draai om en rooster aan die ander kant.
  4. Lig uit die pan, en moenie bekommerd wees as die rante effens gebrand is nie.
  5. Sny ’n knoffelhuisie in die helfte en vryf oor die sny brood.
  6. Gooi heelwat olyfolie oor.


Geroosterde soetpepers en mozzarella-kaas bruschetta

Koop geel- en soet rooipepers wat klaar gemarineer is. Jy benodig sowat 2 eetlepels per broodjie. Plaas dit bo-op die broodjie, en sit 3 skywe mozzarella-kaas bo-op met vars basiliekruid. Gooi olyfolie en swartpeper bo-oor. So maklik soos dit!