Resepte

Geroosterde varklies met salie, appelwyn en appels

(4 – 6 porsies)

  • 500 g growwe sout
  • 2 kg varklies
  • 2 knoffelbolle
  • 500 ml appelwyn (cider)
  • 8 klein appels
  • hand vol salie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Sprinkel growwe sout in plat bak. Plaas varklies velkant na onder op sout en laat rus in yskas oornag. Verhit oond tot 180 °C. Sny knoffelbolle middeldeur en sit onder in ’n oondroosterpan. Gooi appelwyn oor. Vryf sout van varklies af met skoon kombuispapier. Gebruik skerp mes en sny netjiese snye in die velkant. Plaas varklies met velkant na onder op knoffel. Rooster oop vir 3 uur. Draai varklies om en sit appels saam met salie in oondroosterpan. Rooster verder vir 30 – 45 minute teen 180 °C of tot vel goudbruin en bros raak. Sit voor.