Resepte

Gesnyde sjokolade-truffels

8 porsies

  • 125 ml room
  • 300 g donkersjokolade, fyngekap
  • 100 g pistasieneute, fyngekap

Bring room tot kookpunt en gooi oor gekapte sjokolade. Roer tot gladde mengsel. Voeg neute by en meng. Gooi in bak van 20 x 30 cm wat met kleefplastiek uitgevoer is. Laat stol in yskas. Keer uit en sny in blokkies van 1 x 2 cm. Rol in gekapte pistasieneute.