sk1010.6uur3
Resepte

Gesonde avokado: nóg 4 resepte + WEN ’n geskenkpak

Die heilsaamheid én veelsydigheid van avokadopeer, maak dit die ideale bestanddeel vir van jou gunsteling-resepte. Westfalia is een van die wêreld se grootste kwekers en uitvoerders van avokadopere.

Hier’s 3 gunsteling-resepte met avokado:

Hoender-quesadillas met avokado en feta
(foto bo)

4 – 6 porsies

• 4 (500 g) hoenderborsies
45 ml Westfalia avokado-olie
• 2 knoffelhuisies, gekap
• sap van 2 suurlemoene
• 8 tortillas
• 2 Westfalia avokado’s, met ‘n vurk fyngedruk
• 200 g fetakaas
• ½ ui, fyngekap
• 2 tamaties, grofgekap
• hand vol vars koljander, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 ˚C. Plaas hoender in ‘n oondvaste bak en sprinkel eers olyfolie, dan gekapte knoffel en suurlemoensap oor. Rooster vir 20 minute of tot goudbruin en gaar. Plaas 4 tortillas op bakplate en smeer avokado met ‘n lepel se agterkant oor. Breek gaar hoender in stukke en verdeel tussen tortillas. Krummel fetakaas oor, gevolg deur gekapte ui en tamatie. Sprinkel koljander oor en geur goed met sout en swartpeper. Plaas tweede tortilla bo-op elkeen en druk stewig vas. Plaas terug in warm oond en bak vir 10 – 15 minute of totdat fetakaas gesmelt is. Sny in kwarte met ‘n skerp mes en sit warm voor.

 

sk08_4patees13_regs_voor-554x800

Fetakaas-en-avokadopeer-patee

genoeg vir 6 porsies

• 2 Westfalia avokadopere
• 225 g fetakaas
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• sap van halwe suurlemoen
• varsgemaalde swartpeper na smaak

Verwyder die skil en pitte van die avokadopere. Dreineer die fetakaas. Plaas die avokadopere, fetakaas en knoffel in jou voedselverwerker. Meng tot ’n gladde pasta. Geur met die suurlemoensap en swartpeper.

 

MG_7183

Nachos-aartappelskyfies met salsa 

genoeg vir 2

• 500 g gaar oorskiet-aartappelwiggies
• 1 x 200 g-bottel tamatiesalsa (sous)
• 250 g crème fraîche (suurroom)
• 100 g cheddarkaas, gerasper

Tamatie-en-avokado-salsa

2 tamaties, in blokkies gesny
1 Westfalia avokado, in blokkies gesny
• 1 rooi brandrissie, fyngekap
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• sap van 1 suurlemoen
• 30 ml Westfalia avokado-olie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• hand vol vars koljander, grofgekap

Verhit oond tot 200 °C.

Pak aartappelwiggies in ’n oondbak en gooi gebottelde tamatiesalsa oor. Skep lepels vol van die suurroom bo-op en sprinkel gerasperde cheddarkaas oor. Plaas in oond vir sowat 20 minute tot kaas gesmelt en bruin van kleur is. Meng al die bestanddele vir tamatie-en- avokado-salsa behalwe die koljander. Geur met sout en peper. Skep salsa op gebakte aartappels en sit voor met vars koljander.

 

1-570x741

Mexikaanse lagieslaai

genoeg vir 6 porsies

• 5 ml Westfalia avokado-olie
• 400 g varkmaalvleis
• 1 taco-pak met speserye, salsa
• 1 x 410 g-blik swartbek-boontjies (black-eyed beans), borlottibone of rooibone
• 60 ml water
• 1 kop blaarslaai, gesny
• 125 ml vetvrye gewone jogurt gemeng met 80 ml laevet-mayonnaise
• 1 Westfalia avokado, in blokkies gesny (besprinkel met suurlemoen- of lemmetjiesap om verkleuring te voorkom)

Verhit die olie in ’n braaipan en braai maalvleis tot gaar. Voeg die speserysakkie van die taco-pakkie by die maalvleis saam met die boontjies en water. Braai nog 5 minute tot al die water afgekook is. Laat afkoel. Plaas die blaarslaai onder in ’n mooi diep glasbak. Skep die vleis bo-oor, gevolg deur die salsa van die die taco-pakkie, jogurt-mayonnaisemengsel, avokado en 4 gebreekte taco’s. Bedek met kleefplastiek. Verkoel minstens 2 uur in yskas.

WEN ‘n avokado-olie-geskenkpak van Westfalia ter waarde van R450

WEN 'n avokado-olie-geskenkpak ter waarde van R450 - week 3