Resepte

Gesonde avokado + 3 resepte + WEN

Die heilsaamheid én veelsydigheid van avokadopeer, maak dit die ideale bestanddeel vir van jou gunsteling-resepte.Westfalia is een van die wêreld se grootste kwekers en uitvoerders van avokadopere. Hier’s 3 gunsteling-resepte met avokado:

Oop broodjie met spek, avokado en kammossels

Wie kan nou nee sê vir ’n lekker broodjie? Die geheim hier is die
avokado-smeer. Sit die broodjie voor as ligte middagete of as voorgereg.
genoeg vir 6

FromyourFreezer-4-570x746

  • 2 avokado’s
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 brandrissie
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml olyfolie
  • 6 snye ciabatta
  • 250 g-pakkie rugspek
  • 30 kammossels, doppe verwyder
  • 45 ml botter
  • 6 radyse, in kwarte gesny

Plaas avokado, knoffel, ui, rissie, sap en skil van suurlemoene in
voedselverwerker. Verwerk op hoë spoed tot gladde mengsel. Geur goed
met sout en peper. Hou eenkant. Verhit olyfolie tot warm in groot
braaipan. Plaas snye brood in warm pan en braai weerskante tot goudbruin
en bros, sowat 3 minute per kant. Hou eenkant. Verhit pan weer tot warm
en droogbraai spek aan albei kante tot goudbruin en bros. Hou eenkant.
Plaas botter in warm pan en braai kammossels sowat 2 – 3 minute per
kant tot goudbruin en gaar. Verdeel avokado-mengsel tussen broodjies,
gevolg deur brosgebraaide spek. Pak gaar mossels en radyse bo-op. Sit
warm voor.

Mossels met avokado-salsa

sarie041-533x800

  • 24 toeskulp-swartmossels
  • 1 avokado
  • 30 ml gekapte vars koljander
  • 1 rooi brandrissie, fyngekap
  • 15 ml suurlemoensap
  • 15 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • koljander-mikrokruie

Bring ’n groot kastrol met water tot kookpunt. Sit mossels in en kook tot skulpe oopgaan. Die mossels wat nie oopgaan nie, moet jy eerder weggooi.

Dreineer en laat koud word. Maak elke mossel van die skulp los. Plaas nou twee mossels in een helfte van ’n skulp. Sny avokado in baie klein blokkies. Meng blokkies met koljander, brandrissie, suurlemoensap en olyfolie. Geur met sout en peper. Skep bo-op mossels en sprinkel met mikrokruie.

Lang blaarslaai met avokado en tamatie

sarie0271-570x445

Het jy al ooit daaraan gedink om steak en slaai vir al jou gaste op een groot
houtbord voor te sit? Dit lyk asemrowend as jy met die bord by ’n vertrek instap.

• 3 langblaarslaaikoppe (cos) (sien bl. 82)
• 2 avokado’s, in klein blokkies gesny
• 350 g klein rooi en geel rosa-tamaties, in
klein blokkies gesny
• ½ rooi-ui, in klein blokkies gesny
• 40 ml olyfolie
• 10 ml suurlemoensap
• sout en varsgemaalde swartpeper

Halveer elke slaaikop en plaas op ’n groot houtplank. Meng avokado’s, tamaties
en ui in ’n mengbak. Gooi olyfolie en suurlemoensap oor. Meng versigtig deur.
Geur met sout en peper. Skep bo-op slaai.

WEN ‘n avokado-olie-geskenkpak van Westfalia ter waarde van R450

WEN 'n avokado-olie-geskenkpak ter waarde van R450 - week 8