sk1104fees15-550x800
Resepte

Gesonde avokado: 3 resepte + WEN ’n geskenkpak

Die heilsaamheid én veelsydigheid van avokadopeer, maak dit die ideale bestanddeel vir van jou gunsteling-resepte. Westfalia is een van die wêreld se grootste kwekers en uitvoerders van avokadopere. Hier’s 3 gunsteling-resepte met avokado:

Tamatie-en-avokado-worsrol

sarie027-533x800

RESEP: Barbara Joubert (3 porsies)

    • 2 groot tamaties, ontpit en in blokkies gesny
    • 1 groot rooi-ui, fyngekap
    • 2 brandrissies, ontpit en fyngekap
    • 50 ml Westfalia-avokado-olie
    • 3 suurlemoene se sap
    • sout en fyngemaalde swartpeper
    • 3 ryp Westfalia-avokado’s
    • 20 g gekapte koljander
    • 20 g vars koljanderblare
    • worsie en broodjie van jou keuse

Tamatiesalsa Meng die tamatieblokkies, gekapte rooiui, 1 gekapte brandrissie, die olyfolie en sap van 1 suurlemoen. Geur die salsa met sout en swartpeper. Avokado-puree Skep die Westfalia-avokado uit in ’n voedselverwerker. Voeg die gekapte koljander, 1 gekapte brandrissie en die sap van 2 suurlemoene by en meng tot glad. Samestelling Sit die worsie van jou keuse in ’n geroosterde broodjie. Sit die avokadopuree in ’n spuitsak en spuit dit in die lengte af aan die een kant van die worsie. Skep die salsa aan die ander kant. Garneer met die vars koljanderblare.

Mielieplaatkoekie-stapel

sk1201diabete1-533x800

RESEP: Melissa Pecoraro 6 – 8 porsies Geroosterde tamaties

  • 10 ml kanola- of olyfolie
  • 400 g baba-rosa-tamaties, gehalveer
  • 10 ml suiker
  • sout en peper

Plaatkoekies

  • 250 ml volkoring-bruismeel
  • 2,5 ml koeksoda
  • 1,25 ml rooipeper
  • 1,25 ml sout
  • 180 ml vetvrye melk
  • 2 eiers
  • 1 blikkie (410 g) heelpitmielies,gedreineer

Vir voorsit

  • 170 g laevet-rugspek
  • paar handevol roket
  • 1 avokado, in skyfies gesny
  • sout en peper
  • ’n skeutjie heuning

Geroosterde tamaties: Verhit oond tot 140 °C. Plaas olie op ’n bakplaat en sit in oond om warm te word. Plaas tamaties op bakplaat sodra die olie warm is. Geur met suiker, sout en peper. Rooster tamaties stadig vir ongeveer 1 uur lank. Plaatkoekies: Meng meel, koeksoda, sout en rooipeper. Klits die eiers en melk saam. Roer die twee mengsels by mekaar in en voeg die mielies by. Spuit ’n braaipan met kleefwerende kossproei. Braai lepels vol van die plaatkoekiemengsel tot gaar. Hou warm. Plaas spek op ’n gesmeerde bakplaat en bak in oond tot gaar. Plaas ’n plaatkoekie op ’n bord, gevolg deur roketblare. Bedek met tamaties, avokado en spek. Geur met sout, peper en heuning.

Fetakaas- en avokadopeer-patee

RESEP: Barbara Joubert

sk1104fees15-550x800

FOTO: Micky Hoyle(6 porsies)

6 porsies

    • 2 avokadopere
      • 225 g fetakaas
      • 2 knoffelhuisies, fyngekap
      • sap van halwe suurlemoen
      • varsgemaalde swartpeper na smaak

Verwyder die skil en pitte van die avokadopere. Dreineer die fetakaas. Plaas die avokadopere, fetakaas en knoffel in jou voedselverwerker. Meng tot ’n gladde pasta. Geur met die suurlemoensap en swartpeper.

WEN ‘n avokado-olie-geskenkpak van Westfalia ter waarde van R450

WEN nog 'n avokado-olie-geskenkpak ter waarde van R450