Resepte

Gesonder aartappel-en-cheddarkaas-sirkels

Resep lewer: 12 sirkels
porsiegrootte: 2 sirkels

• 2 groot aartappels, geskrop (300 g)
• 150 g sterk cheddarkaas, gerasper
• 1 groot eier, geklits
• 30 ml gekapte pietersielie
• knippie rooipeper na smaak
• varsgemaalde swartpeper na smaak
• sout na smaak – opsioneel
• 3 velle filodeeg
• 25-30 ml olyf- of makadamianeut-olie

Sny deeglik geskropte aartappels met skil aan in kwarte. Kook tot sag in ’n bietjie water. Dreineer en druk (met skil en al) fyn met ’n vurk. Daar kan nog stukkies in wees. Laat afkoel. Voeg kaas, eier, pietersielie en geurmiddels na smaak by. Plaas een vel filodeeg op die werkoppervlak en verf liggies met olie. Plaas tweede vel op eerste vel en verf weer met olie. Herhaal met derde vel. Hou res van olie vir later. Skep aartappelvulsel sowat 5 cm van die kant af op die lang kant van die deeg om ’n lang wors te vorm. Vou die 5 cm-stuk deeg oor die vulsel en rol dan op soos ’n rolkoek. Maak toe met kleefplastiek en verkoel vir minstens 2 uur. Verhit oond tot 190 ºC. Bespuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei. Sny deegrol in sowat 12 snye van 3 cm elk. Plaas skywe op bakplaat. Verf oorblywende olie oor bokante van die skywe. Bak vir 20-25 minute tot goudkleurig en gaar. Sit warm voor.

Veselinhoud

Die aartappelskil dra by tot die veselinhoud van die gereg.

Minder vet
Deur die filodeeg met olie eerder as botter te verf word minder versadigde vet gebruik, en deur die gereg te bak word minder vet vir die gaarmaakproses gebruik. Neutolie gee ’n aangename smaak aan geregte en is hoog in mono-onversadigde vetsure. As jy kos in olie braai, word 3-5 ml olie per porsie geabsorbeer.

Die gereg sal anders lyk as op die foto hierbo.

  • hgiktnnb

    I5tmow ftgeativrzvm, [url=http://ejltckxiqheo.com/]ejltckxiqheo[/url], [link=http://nudpcdwghzwj.com/]nudpcdwghzwj[/link], http://oaelqktsmzif.com/