sk1010quiche8
Resepte

Gesonder quiche Lorraine

Resep lewer: 6 skywe
Porsiegrootte: 1 skyf

  • 1 x 16 cm- gebakte quiche-basis (basiese deegresep)
  • 250 g maer spekvleis, in klein blokkies gesny
  • 100 g gruyère-kaas, gerasper
  • 2 groot eiers
  • 250 ml laevet-room (reduced fat)
  • 60 ml laevet-melk
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180 ºC. Vul die gebakte quiche-basis (of die rou tertkors met olie gemaak) met kaas. Roerbraai die spekvleis tot bros, dreineer vet en versprei gebraaide spek op die kaas.
Klits eiers, room en melk en gooi oor vulsel. Geur met varsgemaalde swartpeper. Plaas quiche-pan op ‘n bakplaat. Bak vir 35 – 40 minute tot vulsel gestol is en die kors goudkleurig is.

tertdeeg met olie

  • 140 g (250 ml) bruismeel
  • 1 ml sout
  • 50 ml olie
  • 75 ml kookwater

Plaas meel en sout in ‘n mengbak. Meng olie en kookwater en voeg by meel. Sny vloeistof by meel in om ‘n sagte nie-klewerige deeg te vorm. Druk die deeg met jou vingers in die quiche-pan en maak die randjies netjies. Hou voorbereide kors eenkant terwyl vulsel berei word. Die quiche word in die rou kors gebak.

olie
Jy kan self kies watter kors vir die quiche gebruik word. Die broskors (gebakte quichebasis) wat met botter berei word, is geuriger, maar indien jy die vetinhoud van jou dieet moet dophou, is die tertkors met olie ‘n welkome en baie maklike uitweg.

kaas
Gruyère-kaas kan met parmesaankaas vervang word, maar onthou, dit bevat vyf keer meer sout.

maer ham
Die spekvleis kan ook met 200gmaer ham vervang word omdie vetinhoud met sowat 2,8 g per porsie te verminder. Moenie ham braai nie.

  • Elizabeth L Van Rensburg

    Baie dankie Melissa en Hilda vir die olie basis tertdeeg resep.

    Groete

    Elizabeth

  • Renee

    vsvsvs