Resepte

Gesondheidsroerbrood

(8 – 10 snye)

  • 1 liter louwarm water
  • 1 pakkie (10 g) kitsgis
  • 630g (2 liter) bruinbroodmeel
  • 250ml semels
  • 15ml sout
  • 250ml rosyntjies
  • 100g (250ml) gemengde neute, grofgekap

Verhit oond tot 180ºC. Gooi water in ‘n groot mengbak en los gis en sout daarin op. Voeg res van bestanddele by. Klits met ‘n draadklitser vir 5 minute of totdat alles baie goed gemeng is. Gooi die hele beslag in ‘n oondvaste pot van 30cm in deursnee wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Laat rys vir 20 minute op ‘n warm plek. Bak sonder die deksel vir 45 – 50 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom as jy dit in die brood druk. Keer uit op ‘n draadrak en laat afkoel.