Resepte

Gevulde botterskorsie met groente en bokmelkkaas

(2 porsies)

  • 1 groot botterskorsie
  • 50 ml olyfolie
  • 2 rooi soetrissies
  • 4 middelslagmurgpampoentjies
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 100 g chevinkaas
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Sny die botterskorsie versigtig in die lengte deur. Wees versigtig, want die skil is baie hard. Verwyder die pitte van die botterskorsie en sny kruisies bo-op. Plaas die 2 helftes in ’n oondbak en gooi die olyfolie oor. Bedek die bak met tinfoelie en plaas in ’n warm oond teen 180 °C vir 35 minute tot die botterskorsie sag is. Die bakproses sal van die grootte van die botterskorsie afhang – toets dit ná 20 minute. Sny intussen die soetrissies in klein blokkies en die murgpampoentjies in skywe. Verhit nog ’n klein bietjie olyfolie in ’n pan en braai die soetrissies en murgpampoentjies saammet die knoffel. Geur met sout en swartpeper. Braai die groente tot sag, maar nog effens bros. Haal die murgpampoentjies uit die oond. As daar vloeistof in die holtes van die murgpampoentjies is, laat dit net vir ’n rukkie staan (die vloeistof sal in die botterskorsie intrek). Vul die botterskorsie-helftes met die groente en plaas snye chevinkaas bo-op. Gooi nog ’n bietjie olyfolie oor en plaas terug in die oond vir sowat 20 minute. Sit warm voor.