Resepte

Gevulde hoenderborsies

(6 porsies)

Jy benodig

  • 6 hoenderborsies (met vel)
  • sap van halwe suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • vulsel-resep
  • groente-in-rooiwyn-resep

Verhit jou oond tot 180 °C. Sny die been van die hoenderborsies af, maar behou die vel. Maak dieselfde vulsel as vir die gevule lamslende. Maak ’n klein sakkie tussen die vel en vleis van die hoender. Skep van die vulsel daarin. As die kant oopbars, is dit goed – dit sal waarskynlik gebeur. Hou maar net die vulsel bymekaar. Gooi ’n klein bietjie olyfolie in ’n oondbak en sit die hoenderborsies daarin. Drup die suurlemoensap oor en geur met sout en swartpeper. Plaas in die warm oond vir 30 minute. Volg die resep vir die groente in rooiwyn. Haal die hoender uit die oond en plaas die borsies bo-op die groente. Sit terug in die oond vir nog 30 minute. Sny elke hoenderborsie in drie skywe en sit voor bo-op die groente.


Om te drink

Boschendal Reserve Shiraz