Resepte

Gevulde-sampioen- burger

(4 porsies)

  • 4 snye bruinbrood
  • 100 g botter
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 100 g swart olywe, ontpit en gehalveer
  • sowat 12 vars basiliekruidblare, grofgekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 4 groot sampioene
  • 1 camembert-kaas, in dik skywe gesny
  • 4 broodrolletjies van jou keuse
  • basiliekruidblare, om te garneer

Verhit jou oond tot 180 °C. Kap die brood fyn in jou voedselverwerker. Smelt die botter (ek weet dit klink baie!) in ’n pan. Voeg die knoffel en ui by en braai tot sag en deurskynend. Gooi die broodkrummels, olywe en basiliekruid by. Geur met sout en swartpeper. Vul elke sampioen met die mengsel. Pak die sampioene in ’n gesmeerde oondbak en rooster vir 20 – 25 minute tot gaar. Haal uit en plaas een sampioen op elke gesnyde rolletjie. Sit so twee skywe camembert-kaas bo-op en garneer met vars basiliekruidblare.