Resepte

Gevulde sampioene

(8 porsies)

  • 8 groot swart sampioene
  • 40 ml songedroogde tamatie-pesto
  • 40 ml dennepitte
  • 8 bocconcini-mozzarella-kaasballetjies
  • olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
  • 8 takkies vars tiemie

Sprinkel ’n bietjie olyfolie in ’n oondbak. Plaas die sampioene in die bak. Skep in elke sampioen sowat ’n teelepel songedroogde tamatie-pesto. Sprinkel die dennepitte oor en plaas ’n mozzarella-kaasballetjie bo-op. Besprinkel met nog ’n bietjie olyfolie en geur met sout en swartpeper. Plaas ’n takkie tiemie bo-op elke sampioen en bak vir sowat 20 minute in ’n warm oond van 180 °C. Jy kan die sampioene nou met nóg vars tiemie versier. Sit voor saam met broodstokkies.

Jy kan ook
Die gereg is net so lekker as jy die songedroogde tamatie-pesto met olyf-tapenade of basiliekruid-pesto vervang.