Resepte

Gevulde taco’s (Mexiko)

(4 porsies)

  • 12 taco’s
  • 30 ml olyfolie
  • 675 g beesmaalvleis
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 30 ml fyngekapte pietersielie
  • 1 rooi brandrissie, fyngekap
  • 5 ml fyn komyn
  • 2 ml sout
  • 3 ml droë basiliekruid
  • 150 ml tamatiepuree
  • 225 ml water

Verhit die olyfolie in ’n kastrol. Braai die maalvleis totdat dit los van mekaar kom en nie meer pienk is nie. Skep die vleis uit die kastrol en voeg nog ’n bietjie olie in die kastrol indien nodig. Braai die uie en knoffel tot sag en effens bruin. Sit die gebraaide maalvleis terug in die kastrol en voeg die res van diebestanddele by. Laat kook vir sowat 15 – 20 minute. Geur met nog sout indien nodig. Verhit die taco’s vir 3 minute in ’n warm oond teen 180 °C. Skep die vulsel daarin en sit voor saam met gerasperde cheddarkaas, tamatiesalsa en guacamole.


Om te drink

Rosé van De Grendel of Delheim, of Tassenberg met ys